Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Christelike kurrikulum

Die Waterstroom-reeks

Oor ons unieke kurrikulum

Agtergrond

‘n Kurrikulum is vanuit die reformatoriese perspektief ontwikkel en beskikbaar vanaf Graad R tot Graad 7, asook enkele vakke vanaf Graad 8 tot 12.  ‘n Kenmerk van hierdie handboeke is dat Bybelse norme en waardes geïntegreer word in al die vakke. Akademies voldoen die inhoud aan meer as die KABV vereistes.

Die Waterstroomreeks is ‘n Christelike waardegedrewe kurrikulum. Leerders word gelei na ʼn grondige kennis en begrip van vakinhoud en beginsels, sodat hulle toegerus is om met hulle gawes en talente die nuwe kennis in diens van God en die gemeenskap te kan aanwend.


Leerders word gelei om op ʼn geïntegreerde wyse in elke vak drie hoofwaardes as begronding van die inhoud raak te sien.

Hierdie drie hoofwaardes is:


  • Godsaanskouing
  • Mensbeskouing
  • Skeppingsbeskouing


Elke hoofwaarde word in die leerinhoud verwerk sodat die leerling onderstaande drie vrae kan beantwoord:


  • Wie is God? (Openbaring)
  • Wie is ek? (Mensbeskouing)
  • Wat moet ek doen? (Roeping)

Die kurrikulum opgedeel

Bekyk die kurrrikulum in graadgroepe

Graad 1 

Graad 2

Graad 3

Graad 4 

Graad 5

Graad 6

Graad 7 

Graad 8

Graad 9

Graad 10 

Graad 11

Graad 12

Vergelyk ons kurrikulum met KABV

Voldoen aan KABV en verryk met die Woord van God

KABV (CAPS)

 1.  Neutraal of heersende denkwyse van die regering.




 2.  Die oordra en leer van inhoud is ‘n doel op sigself.




 3.  Konfrontasie met allerlei dwaalleer bv in lewensoriëntering.




 4.  Wiskunde word neutraal aangebied.





 5.  Taal is ‘n kommunikasiemiddel en daar word gefokus op die onderrig van dit wat toepassingswaarde het.





 6.  Geen of min ruimte vir vaslegging van belangrike boustene.




 7.  Assessering vind plaas t.w.v. assessering binne die streng raamwerk van die jaarlikse onderrigplan (ATP) van DBO. Leerders word al vanaf Gr 1 onderwerp aan formele assesserings in toetsformaat. Dit lei tot angsversteurings onder jong kinders.




 8.  KABV kurrikulum is oorlaai en diepgang ontbreek. Onderwysers kan nie die werk in die klas voltooi nie en dit word dan as huiswerkopdragte voltooi. 



Ons verryking

 1.  Christus is ons Enigste Leermeester, ook van alle inhoud. Bybelse norme vorm die grondslag van alle inhoud.



 2.  Die oordra van inhoud is om die kind se kennis oor God en sy Skepping te verbreed.



 3.  Begeleide konfrontasie, gebruik die Skrif as meetsnoer om dwaalleer te beoordeel.



 4.  Wiskunde handel oor waarheid, wiskunde werk a.g.v. sy Goddelike oorsprong. God het die wetmatigheid van wiskunde geskep, die mens kan dit ontdek.



 5.  Taal word gesien as iets wat die Here aan die mens geskenk het. Die mens kan d.m.v. taal Hom leer ken, Hom aanbid en met sy naaste kommunikeer. Dit word alles gedoen binne die norme en waardes wat die Skrif aan ons stel.



 6.  Daar word seker gemaak dat die boustene vasgelê is voor daar oorgegaan word na nuwe begrippe.



 7.  Assessering is ‘n deurlopende betrokkenheid by die kind. Hierdie betrokkenheid moedig groei en ontwikkeling binne ‘n geborge omgewing aan. Fokus word op kritiese denkvaardighede gelê. Assessering in die formaat van formele toetse of eksamens word in die grondslagfase ontmoedig



 8.  Waterstroomreeks verryk die kurrikuluminhoud met diepgaande kennis oor allerlei aspekte.


Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop