Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Aktiwiteite

Geleenthede vir groei

Jaarlikse aanbieding

Onderwyser-seminaar

Christelike onderwys impliseer deurlopende groei.

En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie: en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.” Psalm 1:3

ICO-skole se onderwysers streef daarna om voortdurend te groei om so vrugte te dra wat tot heil van die gemeenskappe en die kinders aan hul toevertrou, mag dien.

Jaarlikse aanbieding

Atletiek



Die jaarlikse ICO atletiekbyeenkoms is ʼn geleentheid waar die ICO skoolfamilie informeel met mekaar kan verkeer. Onderwysers bou bande, kinders van die onderskeie skole onthou mekaar en begin vriendskappe ontwikkel en ouers van die onderskeie skole geniet van die saamkuier, die saam aanmoedig en bemoedig.














Jaarlikse aanbieding

Kunstefees



Die beoefening van die kunste in sy vele vorme is deel van die mens se kultuur. Dit is vasgemaak in die Bybelse kultuuropdrag wat God in Gen 2:15 aan die mens gee.

Die verbondskind moet onderskeidingsvermoë op hierdie terrein leer. Die kind leer estetiese geletterdheid en waardering en word aangemoedig om deel te neem.














Jaarlikse aanbieding

Hoofde-en skoolbestuur

toerusting

Om te verseker dat ‘n skool voortdurend sy identiteit opskerp, is dit nodig dat goeie geordende strukture ontwikkel word waarbinne die skool beweeg.


Hierdie strukture is eerstens die skoolbestuur/direksie en tweedens die regering by monde van die departement van onderwys.


Albei hierdie strukture moet die onderwyssituasie in die skool rig en lei. Dit gaan hier oor opvoeding en onderrig, oor die stig en uitbou van verhoudinge, die beheer oor infrastruktuur en die toesig oor die professionele kwaliteite,

‘n Onafhanklike skool se bestuur of direksie het grotendeels te doen met die daarstel en uitbou van die skool se vingerafdruk (sy identiteit) sowel as die administratiewe bestuur van die skool.

Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop