Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Graad 1 kurrikulum

Biblioteek

Bybel Werkboek


  • Hierdie werkboek dek gedeeltes van die jaarskema, sodoende word die inhoud vasgelê.
  • Dit word gedoen aan die hand van kort vragies, inkleurprente, raaisels en knipwerk.

Bybel Handleiding


  • Riglyne om meer te vertel oor die weë van die Here 
  • Wenke om die teosentriese, antitetise, heilshistoriese en verbondsmatige lyne in die vertelling te verweef.
  • Riglyne waaraan ‘n Bybelvertelling moet voldoen. 
  • Aandag aan didaktiese aspekte,  assessering en differensiasie gegee.

Afrikaans Werkboek 1


  • Die inhoud is opgestel volgens riglyne van die KABV met die klem op vaslegging.
  • Eerste woordherkenning, luisteroefeninge en skryfoefeninge.
  • Leer die volgende letters a.h.v ‘n unieke storie; b, a, s, m, e, t, k, o, n, l, i, p, h, d, r, v.
  • Begin en eindklanke, lees, woord- en sinsbou.
  • Skryf van woorde, insidentele lees en vele meer.

Afrikaans Werkboek 2


  • Graad 1's begin “skryf” deur prente, wat lei tot die vorm van individuele woorde, byskrifte en volsinne.
  • Die vervolg van die letters a.h.v 'n unieke storie; u, g, f, q, j, w, y, z, x, c.
  • Klankfamilies, insidentele lees, woord- en sinskonstruksie.
  • Lees hoë-frekwensiewoorde, skryf woorde en sinne.
  • Begripstoetse, en vele meer.

Afrikaans Werkboek

3 & 4

  • Leer hoe afsonderlike letters woorde vorm,  woorde sinne vorm, spasiëring en gebruik van leestekens.
  • Ontwikkel uitgebreide woordeskat en hoe sinne deur byvoeglike naamwoorde en bywoorde verryk word.
  • Raak ervare in skryf van eie sinne, word aan paragrawe bekend gestel.
  • Dubbel klanke; aa, oo, ee, uu, ie, oe, ui, eu en klinkers (a, e, i, o, u en y) en vele meer

Ek Leer My Klanke Ken


  • Fokus om taal en woordeskat uit te brei.
  • Aangeleerde letters word in die klankboek ingeoefen.
  • Ruimte is ook gelaat vir huiswerk wat bestaan uit die soek van prente wat begin met die nuut aangeleerde letter en dan ingeplak word.
  • Die boek werk op die beginsel van insidentele lees.

My Eerste Leesboek


  • Vir kwartaal 1, fokus om taal en woordeskat uit te brei.
  • Dit begin by sogenaamde “prentjielees”.
  • Daarna volg “hoëfrekwensie-sigwoorde” wat nodig is om vlot en vloeiend te kan lees.

My Klanke Leesboek


  • Vir kwartaal 1, vrolike illustrasies ondersteun die inhoud wat bydra tot taal en woordeskat uitbreiding.
  • Klinker-klankfamilies word a.h.v. eenvoudige stories aangeleer.
  • Die stories werk op die beginsel van assosiasies om sodoende die klanke makliker vas te lê.

Witbord-Oefenboek


  • Ekstra hulpmiddel.
  • Verskeie vaardighede word met witbordmerker ingeoefen op “witbord-agtige papier”.
  • Konkrete voorwerpe kan gebruik word om konsepte aan te dui.
  • Die boek bevat ook ‘n honderd-kaart.
  • Dien ook as oefenboek om skrif in te oefen. 

Skrif


  • Sodra klanke aangeleer is word dit op lyne in die skrifboek ingeoefen.
  • Leerders begin met uitdraai- of vetkryte.
  • Dit word met kleurpotlode en later met die gewone grys-potlood opgevolg.
  • Hulle leer dat letters bo begin en dat mens van links na regs skryf.

Skrifpatrone


  • Funksionele geskrewe taal word vasgelê.
  • Help om letters wat aangeleer is korrek te skryf.
  • Volgorde van letters is ooreenkomstig ʼn “klankstorie” wat werk op die basis van assosiasie.
  • Nuwe letters word eers nagetrek om 'n  gevoel van die vorm van die letter kry.
  • Die letter word dan op ʼn 16mm waterlyn geoefen.

Wiskunde Werkboek 1


  • Sien en meet die presiesheid van God se orde in ruimte, kan die orde daarin d.m.v. syfers waarneem.
  • Insig in God se grootheid, almag en die noukeurigheid van die Skepping word verkry.
  • Voldoen aan alle KABV uitkomste en met ekstra inhoud verryk.

Wiskunde Werkboek 2


  • Voldoen aan KABV uitkomste en is met ekstra inhoud verryk.
  • Getalle 11 – 20, tel in twees en vywe.
  • Verdubbeling, halvering, volgorde, datahantering, ranggetalle en kombinasiesomme.
  • Tiene en ene, geld, trein-, partytjie- en woordsomme en meer.

Wiskunde Werkboek 3


  • Voldoen aan KABV uitkomste en is met ekstra inhoud verryk.
  • Hersiening van kwartaal 1 en 2.
  • Halvering, verdubbeling, simmetrie.
  • Tyd: dae van die week, maande van die jaar.
  • Drie-dimensionele vorms, woord- en kombinasiesomme.
  • Groepering, tiene en ene en meer

Wiskunde Werkboek 4


  • Voldoen aan die KABV uitkomste en is met ekstra inhoud verryk.
  • Getalpatrone, bewerkings met drie getalle, skat en tel.
  • Datahantering, meting en kombinasiesomme.
  • Vermeerder en verminder, geld, inoefen van die 100 kaart en meer.

Wiskunde Huiswerkboek 1

  • ‘n Lekker praktiese wiskunde huiswerkboek is ontwerp waar die klem op herhaling ter wille van inskerping lê.
  • Die huiswerkboek is ter ondersteuning Wiskunde 1.

Wiskunde Huiswerkboek 2

  • ‘n Lekker praktiese wiskunde huiswerkboek is ontwerp waar die klem op herhaling ter wille van inskerping lê.
  • Die huiswerkboek is ter ondersteuning Wiskunde 2.

Wiskunde Huiswerkboek 3 en 4

  • ‘n Lekker praktiese wiskunde huiswerkboek is ontwerp waar die klem op herhaling ter wille van inskerping lê.
  • Die huiswerkboek is ter ondersteuning Wiskunde 3 en 4.

Maths

Workbook 1

  • Seeing and measuring the precision of God's order in creation, it can also be observed in numbers.
  • CAPS compliant and enriched with extra content.

Maths

Workbook 2

  • CAPS compliant and enriched with extra content.

Maths

Workbook 3

  • CAPS compliant 
  • Revision of terms 1 and 2.
  • Halving, doubling, symmetry.
  • Time: days of the week, months of the year.
  • Three-dimensional shapes, word and combination sums.
  • Grouping, tens and ones and more

Maths

Workbook 4

  • CAPS compliant.
  • Number patterns, operations with three numbers, estimation and counting.
  • Data handling, measurement and combination sums.
  • Increase and decrease, money, practice the 100 card and more.

Kurrikulum Indeks

Volgende Graad

Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop