Om te verseker dat ‘n skool voortdurend sy identiteit opskerp, is dit nodig dat goeie geordende strukture ontwikkel word waarbinne die skool beweeg.
Hierdie strukture is eerstens die skoolbestuur/direksie en tweedens die regering by monde van die departement van onderwys.
Albei hierdie strukture moet die onderwyssituasie in die skool rig en lei. Dit gaan hier oor opvoeding en onderrig, oor die stig en uitbou van verhoudinge, die beheer oor infrastruktuur en die toesig oor die professionele kwaliteite,
‘n Onafhanklike skool se bestuur of direksie het grotendeels te doen met die daarstel en uitbou van die skool se vingerafdruk (sy identiteit) sowel as die administratiewe bestuur van die skool.