Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Datum

Hoofde-en skoolbestuurtoerusting

Doel van die toerusting.

Om te verseker dat ‘n skool voortdurend sy identiteit opskerp is dit nodig dat goeie geordende strukture ontwikkel word waarbinne die skool beweeg.

Hierdie strukture is eerstens die skoolbestuur/ direksie en tweedens die regering by monde van die departement van onderwys.

Albei hierdie strukture moet die onderwyssituasie in die skool rig en lei. Dit gaan hier oor opvoeding en onderrig, oor die stig en uitbou van verhoudinge, die beheer oor infrastruktuur en die toesig oor die professionele kwaliteite,

‘n Privaatskool se bestuur of direksie het grotendeels te doen met die daarstel en uitbou van die skool se vingerafdruk sowel as die administratiewe bestuur van die skool.

Vir wie is die toerusting.

Vir skoolhoofde sowel as die skool se direksie of bestuurspan. Die toerusting dra by tot die ontwikeeling van onderlinge profesionele samewerking tussen die skoolbestuurspan/direksie en die hoof.


Wat is die taak van die skoolbestuur of direksie?

• Begronding: Die bestuur se belangrikste taak is om toe te sien dat die skool die Christelike identiteit op alle terreine kan uitleef asook om die Christelike karakter en beleide vanuit ‘n Christelike grondslag te ontwikkel.

• Infrastruktuur: die daarstelling van doelmatige infrastruktuur dat Christelike onderrig kan plaasvind,

• Ekonomies: Finansiële bestuur sodat die personeel ongehinderd hul werk kan verrig,

• Administrasie: Eindverantwoordelik vir skoolregistrasie, Umalusi, subsidie, dienskontrakte, toelatingsbeleid ens.

• Personeel: Stel geskikte personeel binne die Christelike karakter van die skool aan.


Wat is die oorhoofse taak van die hoof?

‘n Belangrike pos wat die bestuur van ‘n skool met groot omsigtigheid moet vul, is die van die hoof.

Die hoof is die persoon wat op die ou end moet sorg dat die Christelike karakter in die klaskamer vergestalt. Hy is die skakel tussen die bestuur en die res van die skool, die uitvoerende beampte wat moet sorg dat die misiestelling hande en voete in die praktyk kry. Hy waak oor die didaktiese en koester die personeel. Hy stig verhoudinge met die leerders, ouers, personeel, die onderwysdepartement en die breë gemeenskap.


Waar word die toerusting aangebied?

In Pretoria: ICO se Kantoor

In ander provinsies: Plek word meestal deur die skool bepaal.

Aanlynopsies is ook beskikbaar


Hoe lank duur die toerusting?

Die sessies duur ongeveer 3 tot 4 ure en word na-ure aangebied.


Wat is die inhoud van die toerusting?

• Die funksies van die skoolbestuur

• Wie is die skoolbeheerspan of SMT?

• Wat sê die wet oor skole?

• Regte en voorregte van onafhanklike skole

• Watter beleide moet ontwikkel word? (Fokus ook op die toelatingsbeleid binne die raamwerk van die wet)

• Dissiplineprosedures en beslegting van geskille.

• Wat hoort in die dienskontrakte?

• Hoe werk arbeidswetgewing?

• Rol van die skoolbestuur vs die hoof.

• Goeie finansiële bestuur.

• POPIA wet.

• Skoolregistrasie/Umalusi?

• IEB of nie?

• Is die keuse van kurrikulum belangrik?

• Hoe word die skool se identiteit uitgebou en versterk?


Wat is die koste verbonde aan die toerusting?

In Pretoria: R150 per persoon, ICO verskaf verversings

In ander provinsies: Die dek van verblyf en brandstof van die aanbieder. Die skool verskaf verversings


Wie is ons vennote in die ontwikkeling en aanbieding van die inhoud?

Fedsas


Hoofdetoerusting

Raak deel of vind meer uit

Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop