Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Meer oor ons

ICO se grondslag is die
Bybel as die Woord van God.

Dit is alle Christen ouers se begeerte dat hul kinders in die weë van die Here opgevoed word. Die ICO wil deur toegeruste Christen onderwysers en 'n unieke Christelike kurrikulum aan kinders die kennis van God en sy skepping ontwikkel, sodat hulle volkome toegerus vir elke goeie werk hul roeping kan vervul.

Ons Geskiedenis

Waar kom ons vandaan?

Sedert 1981 is ICO se fokus om Christelike onderwys, gebou op die belydenis dat Christus ons enigste Leermeester is, in Suid-Afrika te bevorder. ICO het vir meer as 30 jaar bekend gestaan as Arso en het sedert 2004 'n noue verbintenis met AROSICO is 'n diensorganisasie sonder wins oogmerk. Die grondslag is die Bybel soos bely in die

Drie Formuliere van Eenheid, naamlik die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. 

Ons Visie

Waarna ons streef

Om Christelike onderwys, gebou op die belydenis dat Christus ons enigste Leermeester is, in Suid-Afrika uit te bou deur middel van die stig van skole, toerus van onderwysers en die ontwikkel van ‘n reformatoriese kurrikulum.

Ons Missie

Waarheen ons gaan

As Christelike Reformatoriese Instituut word die unieke geleentheid benut om jare se onderwys-ontwikkeling met Christen onderwysers in Suid-Afrika te deel.

Dit word op 5 terreine gedoen:

  1. Ontwikkel 'n Christelike kurrikulum
  2. Bind en bou die ICO skole
  3. Aanbied en ontwikkel van verskeie kursusse
  4. Advieskantoor
  5. Bande met die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika.

Die Waterstroomreeks

'n Unieke Christelike kurrikulum

Die Waterstroomreeks is 'n Christelike waardegedrewe kurrikulum. Alhoewel die KABV (CAPS) gevolg word, is die inhoud akademies verryk. Dit word op ‘n geïntegreerde Godgesentreerde wyse aan leerders aan die hand van drie hoofwaardes aangebied,  naamlik:

  • Godsaanskouing;
  • Mensbeskouing;
  • Skepppingsbeskouing.

Die doel van die kurrikulum is om leerlinge te lei na 'n grondige kennis en begrip van vakinhoud en beginsels, sodat hulle toegerus is om met hulle gawes en talente die nuwe kennis in diens van God en die gemeenskap te kan aanwend.

Die Span

Ontmoet die personeel

Mev Saskia Meijer

Uitvoerende Hoof

Meer as 30 jaar betrokke in basiese sowel as hoër onderwys en onderwysontwikkeling. 



.

Me Henriëtte Mulder

Personeel

Grafiese ontwerper

Algemene sekretariële take





Mev. Annelieke Visser

Personeel

ICO: Projekte en kursusse

  • Noodhulpkursus fasiliteerder;
  • SETA geakkrediteerde fasiliteerder. 


Mev. Marlize Rossouw

Fontein Uitgewery

Hoof: Fontein Uitgewery, ‘n gesamentlike inisiatief tussen ICO en AROS

http://aros.esolve.co.za


Ontmoet die Raad

Ds. Stefaans de Bruyn

 Raad: Voorsitter

Predikant: GK Wilropark

Aktief betrokke by Koningskinders.

Mev. Irene vd Meer

Raad: Lid: Finansies

Finansiële bestuurder by Gereformeerde Skool Dirk Postma.



 

Dr. Alet van Rhyn

Raad: Lid

AROS

Dosent: Opvoedkundige Studies en Bybelkunde

PhD in Opvoedkundige Sielkunde, Univ. v.d Vrystaat.


Mnr. Hennie Combrink

Raad: Lid

Voormalige Skoolhoof van  Akademie Reformia, 'n ICO skool.

Bestuurder: Fedsas Limpopo Provinsie.


Mnr Robbert vd Kooy

Raad: Lid

Interne Ouditeur  CA (SA).  






Ds. Anton Dednam

Raad: Lid

Predikant GK Bergsig.

Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop