In die opvoedingsproses moet ons tyd maak om deur liggaamsoefeninge die liggaam beter in staat te stel om sy opdrag te kan uitvoer.
Die Here eis van ons as mense om binne ons elkeen se liggaamlike vermoëns die tempel van die Heilige Gees fiks, sterk en gesond te hou.
So verheerlik ons die Here met ons liggame. Kinders leer ook belangrike vaardighede van wen en verloor, van uithou en aanhou, van spanwerk en goeie sportmansgees, van reëls en gehoorsaamheid.
Om kinders af te rig vir atletiek en hulle aan te moedig om hulle beste te lewer sonder om net te streef na wen as die enigste doel, is ʼn belangrike lewensvaardigheid.