Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Uitkoms Akademie

ICO Skole

Leuse

Blom waar God jou plant


Skool simbool

Sonneblomme is bekend as ’n geharde plant, wat onder baie moeilike omstandighede kan groei. Ongeag die area waar die saadjie val, sal ’n sonneblom groei en tot volle wasdom kom met ’n blom wat altyd die son volg, so wil ons ons leerders toerus om in geloof met oorgawe te leer met ons oë altyd gerig op God vir leiding


Visie

Ons visie is om die evangelie van God te versprei deur die kinders te onderrig in Sy Woord


Missie

Ons glo dat elke leerder deur God na ons gestuur word en streef daarna om elkeen te onderrig in die Woord van God wat ons enigste waarheid is. So is die skool se missie om elke leerder toe te rus om as verantwoordbare, standvastige individu in die wêreld die vrug van die Gees te vertoon.


Geskiedenis

Wat is mooier as ’n land vol sonneblomme met goudgeel gesiggies gedraai na die warm lig van die son? So wil ons by die skool ons kinders leer om hulle gesiggies na ons Ewige Lig, Jesus Christus te draai. Dit in ‘n omgewing waar die enigste alternatief vir kinders ‘n skool is waar hulle die voorreg ontsê word om in die geloof opgevoed te word.


Uitkoms Akademie is ’n Christelike, Afrikaanse laerskool. Ons skoolgronde is geleë langs die Gereformeerde kerk in Cullinan, op die Diamant Roete ongeveer 30 km oos van Pretoria. Die kerk se pastorie is omskep in ’n skoolgebou waar ons leerders onderrig vanaf 3 jaar oud tot Graad 7.

Die passie om ’n verskil te maak in jong kinders se lewens, tesame met die begeerte om ons onderrig sisteem te begrond in die Woord van God, was die dryfkrag tot die ontstaan van hierdie skool. So het die eerste skoolklok in 2019 gelui vir ’n totaal van 10 leerders. Ons skool se goeie onderrig metodes en standvastige waardes het soos ’n veldbrand deur die gemeenskap versprei en binne ’n paar maande het ons reeds Uitkoms gebied vir 35 leerders.


“Soos ’n sonneblom in Afrika son, sal ons blom waar U ons lei”


Kontakbesonderhede:

Hoof: Me. Mara Badenhorst

Adres: (Langs Geref kerk Cullinan), Zonderwater weg R515 Cullinan

Tel: 076 525 8474

E-pos: [email protected]

FB bladsy: Uitkoms Akademie


Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop