Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Moot Akademie

ICO Skole

Skoolleuse

“Saam stap ons die pad” – By Moot Akademie help en ondersteun ons leerders met leer hindernisse, hoe gering ook al, met die wete dat ons tree vir tree saam met hulle op hierdie pad sal stap.


Visie

Ons poog om die Christelike filosofie en waardes in opvoeding, soos vervat in elke area van die lewe, uit te dra aan elke leerder. Hierdie sluit in die kurrikulum, opbou van karakter asook die implimentering hiervan vir nou en ook vir die toekoms.


Missie

Ons bied ondersteuning aan leerders wat sukkel met aanpassing in groot klasse. Ons bied ook hulp aan leerders met leer uitvalle deur maniere te vind om dit te hanteer en daardeur hul God-gegewe talente te ontdek en te bemeester. Leerders word ook begelei om te groei in die kennis van hul eie vermoëns en om 'n positiewe selfkennis daaruit te ontwikkel.  Deur middel van ‘n meer individuele aanslag word daar 'n goeie akademiese grondslag in ‘n Christelike omgewing gelê.


Geskiedenis

Moot Akademie Pretoria het op 1 September 2012 as ‘n klein skooltjie met 5 leerders begin. Die eerste leerders was grondslagfase leerders wat gesukkel het met aanpassing in die hoofstroom skole.

Tot op hede het ons gegroei tot ‘n volwaardige Laerskool vir Gr R tot Gr.7 en is ook by die Departement van Onderwys geregistreer. 


Finansiële Profiel

Moot Akademie is ‘n ‘n maatskappy en dus ‘n nie-winsgewende organisasie. Geen subsidie vanaf die Departement van Onderwys word ontvang nie. Fondse word uitsluitlik gegenereer vanuit die skoolfonds.


Kontakbesonderhede:

Hoof: Mev. Amelia Esterhuizen

Adres: 30ste laan 377, Villieria 0186

Tel: 082 852 7487

E-pos adres: [email protected]

FB Bladsy: Moot Akademie

Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop