Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Datum

Kunstefees

Waarom ’n kunstefees?

Die beoefening van die kunste in sy vele vorme is deel van die mens se kultuur. Dit is vasgemaak in die Bybelse kultuuropdrag wat God in Gen 2:15 aan die mens gee.

Die verbondskind moet onderskeidingsvermoë op hierdie terrein leer. Die kind leer estetiese geletterdheid en waardering en word aangemoedig om deel te neem. So kry hy kans om sy kreatiewe vermoëns te ontdek en uit te bou. Met die kunstefees wil ons die kind bewus maak van die visuele, ouditiewe en tasbare dinge en die kreatiewe vermoëns van die mens.

Hierdie bewusmaking dien om God te loof. Dit is vir ons baie waardevol dat die jong kunstenaar deelneem met die rede om dit te geniet en in sy kreatiwiteit sy afhanklikheid van God te besef en Hom daarmee en daardeur kan loof en prys.


Die estetiese moet altyd voldoen aan ’n bepaalde orde wat God daargestel het, daarom ondersteun ons nie kuns wat wanorde of chaos uitbeeld nie.


Kuns kan maklik skeefgetrek word, dit is dus belangrik om in die skeppingsproses na die wil van God te vra. God wil, soos verwoord in Fil 4:8 hê dat die mens ook in die kuns moet soek na alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is. ICO nooi ons jong kunstenaars om volgens hierdie beginsels hul pragtige talente met ons te kom deel en van mekaar se gawes te kan geniet.

Kunstefees

Raak deel of vind meer uit

Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop