Deurlopende aanbieding
Noodhulp kursus
Wat is die doel van die kursus?
Basiese noodhulpvaardighede vir onderwysers en onderwysstudente. Hoërskoolleerders kan dit ook as deel van die LO kurrikulum deurloop.
Hoe word die kursus aangebied?
AANLYN: 2 ure praktiese sessie met verdere aanlyn lesings en opdragte
OF
KLASKAMER AANBIEDING: 16 uur klaskamer aanbieding oor 2 dae.
Wat is die inhoud van die kursus?
- Wat is noodhulp?
- Basiese pasiënt behandeling;
- Hoe die liggaam werk;
- Basiese lewensondersteuning (KPR en verstikking);
- Mediese noodgevalle soos skok, hartaanvalle, beroerte, epilepsie, asma en diabetes;
- Beserings soos bloeding, wonde, brandwonde, beenbreuke, kop- en nekbeserings;
- Omgewingsnoodgevalle soos verdrinking, byte en steke, hipotermie, hitte-uitputting en vergiftiging;
- Inhoud van ʼn noodhulpkis;
- Hoe om ʼn pasiënte-verslag te skryf.
Wat is die kostes verbonde aan die kursus?
R620 per persoon.
Wat sluit dit in?
‘n Volkleur handleiding;
16 ure kursus bestaande uit prakties en teorie;
Waar word die kursus aangebied?
By die skool of by lokaal soos deur ICO aangewys.
Akkreditasie
TETA
Eenheid standaarde:
Voer basiese lewensondersteunings- en noodhulpprosedures uit (ES 119567, NKR 1, 5 krediete).
Taal
In Afrikaans of Engels beskikbaar.
Die aanlynkursus word soos volg aangebied:
- Daar sal ‘n 2 uur inligting- en praktiese oefensessie in Pretoria wees.
- Daar is Video’s, opdragte en ‘n finale assessering wat binne 4 weke, na die praktiese sessie, aanlyn ingedien moet wees.
- Sertifikate word elektronies per epos binne twee weke, nadat jy suksesvol die kursus voltooi het, gestuur.
Waar kan ons ek bespreek?
Stuur gerus ‘n e-pos na admin@ico.org.za of skakel 0722360777
Alternatiewelik kan jy nou aanlyn boek deur die skakel te volg:
Jou aanlyn betaling bevestig jou praktiese sessie asook jou toegang tot die aanlyn kursus.
Reeds jou kursus aangekoop?
Besoek jou kursus hier: