Graad 1 kurrikulum
Biblioteek
Bybel Werkboek
- Hierdie werkboek dek gedeeltes van die jaarskema, sodoende word die inhoud vasgelê.
- Dit word gedoen aan die hand van kort vragies, inkleurprente, raaisels en knipwerk.
Bybel Handleiding
- Riglyne om meer te vertel oor die weë van die Here
- Wenke om die teosentriese, antitetise, heilshistoriese en verbondsmatige lyne in die vertelling te verweef.
- Riglyne waaraan ‘n Bybelvertelling moet voldoen.
- Aandag aan didaktiese aspekte, assessering en differensiasie gegee.
Afrikaans Werkboek 1
- Die inhoud is opgestel volgens riglyne van die KABV met die klem op vaslegging.
- Eerste woordherkenning, luisteroefeninge en skryfoefeninge.
- Leer die volgende letters a.h.v ‘n unieke storie; b, a, s, m, e, t, k, o, n, l, i, p, h, d, r, v.
- Begin en eindklanke, lees, woord- en sinsbou.
- Skryf van woorde, insidentele lees en vele meer.
Afrikaans Werkboek 2
- Graad 1's begin “skryf” deur prente, wat lei tot die vorm van individuele woorde, byskrifte en volsinne.
- Die vervolg van die letters a.h.v 'n unieke storie; u, g, f, q, j, w, y, z, x, c.
- Klankfamilies, insidentele lees, woord- en sinskonstruksie.
- Lees hoë-frekwensiewoorde, skryf woorde en sinne.
- Begripstoetse, en vele meer.
Afrikaans Werkboek
3 & 4
- Leer hoe afsonderlike letters woorde vorm, woorde sinne vorm, spasiëring en gebruik van leestekens.
- Ontwikkel uitgebreide woordeskat en hoe sinne deur byvoeglike naamwoorde en bywoorde verryk word.
- Raak ervare in skryf van eie sinne, word aan paragrawe bekend gestel.
- Dubbel klanke; aa, oo, ee, uu, ie, oe, ui, eu en klinkers (a, e, i, o, u en y) en vele meer
Ek Leer My Klanke Ken
- Fokus om taal en woordeskat uit te brei.
- Aangeleerde letters word in die klankboek ingeoefen.
- Ruimte is ook gelaat vir huiswerk wat bestaan uit die soek van prente wat begin met die nuut aangeleerde letter en dan ingeplak word.
- Die boek werk op die beginsel van insidentele lees.
My Eerste Leesboek
- Vir kwartaal 1, fokus om taal en woordeskat uit te brei.
- Dit begin by sogenaamde “prentjielees”.
- Daarna volg “hoëfrekwensie-sigwoorde” wat nodig is om vlot en vloeiend te kan lees.
My Klanke Leesboek
- Vir kwartaal 1, vrolike illustrasies ondersteun die inhoud wat bydra tot taal en woordeskat uitbreiding.
- Klinker-klankfamilies word a.h.v. eenvoudige stories aangeleer.
- Die stories werk op die beginsel van assosiasies om sodoende die klanke makliker vas te lê.
Witbord-Oefenboek
- Ekstra hulpmiddel.
- Verskeie vaardighede word met witbordmerker ingeoefen op “witbord-agtige papier”.
- Konkrete voorwerpe kan gebruik word om konsepte aan te dui.
- Die boek bevat ook ‘n honderd-kaart.
- Dien ook as oefenboek om skrif in te oefen.
Skrif
- Sodra klanke aangeleer is word dit op lyne in die skrifboek ingeoefen.
- Leerders begin met uitdraai- of vetkryte.
- Dit word met kleurpotlode en later met die gewone grys-potlood opgevolg.
- Hulle leer dat letters bo begin en dat mens van links na regs skryf.
Skrifpatrone
- Funksionele geskrewe taal word vasgelê.
- Help om letters wat aangeleer is korrek te skryf.
- Volgorde van letters is ooreenkomstig ʼn “klankstorie” wat werk op die basis van assosiasie.
- Nuwe letters word eers nagetrek om 'n gevoel van die vorm van die letter kry.
- Die letter word dan op ʼn 16mm waterlyn geoefen.
Wiskunde Werkboek 1
- Sien en meet die presiesheid van God se orde in ruimte, kan die orde daarin d.m.v. syfers waarneem.
- Insig in God se grootheid, almag en die noukeurigheid van die Skepping word verkry.
- Voldoen aan alle KABV uitkomste en met ekstra inhoud verryk.
Wiskunde Werkboek 2
- Voldoen aan KABV uitkomste en is met ekstra inhoud verryk.
- Getalle 11 – 20, tel in twees en vywe.
- Verdubbeling, halvering, volgorde, datahantering, ranggetalle en kombinasiesomme.
- Tiene en ene, geld, trein-, partytjie- en woordsomme en meer.
Wiskunde Werkboek 3
- Voldoen aan KABV uitkomste en is met ekstra inhoud verryk.
- Hersiening van kwartaal 1 en 2.
- Halvering, verdubbeling, simmetrie.
- Tyd: dae van die week, maande van die jaar.
- Drie-dimensionele vorms, woord- en kombinasiesomme.
- Groepering, tiene en ene en meer
Wiskunde Werkboek 4
- Voldoen aan die KABV uitkomste en is met ekstra inhoud verryk.
- Getalpatrone, bewerkings met drie getalle, skat en tel.
- Datahantering, meting en kombinasiesomme.
- Vermeerder en verminder, geld, inoefen van die 100 kaart en meer.
Wiskunde Huiswerkboek 1
- ‘n Lekker praktiese wiskunde huiswerkboek is ontwerp waar die klem op herhaling ter wille van inskerping lê.
- Die huiswerkboek is ter ondersteuning Wiskunde 1.
Wiskunde Huiswerkboek 2
- ‘n Lekker praktiese wiskunde huiswerkboek is ontwerp waar die klem op herhaling ter wille van inskerping lê.
- Die huiswerkboek is ter ondersteuning Wiskunde 2.
Wiskunde Huiswerkboek 3 en 4
- ‘n Lekker praktiese wiskunde huiswerkboek is ontwerp waar die klem op herhaling ter wille van inskerping lê.
- Die huiswerkboek is ter ondersteuning Wiskunde 3 en 4.
Maths
Workbook 1
- Seeing and measuring the precision of God's order in creation, it can also be observed in numbers.
- CAPS compliant and enriched with extra content.
Maths
Workbook 3
- CAPS compliant
- Revision of terms 1 and 2.
- Halving, doubling, symmetry.
- Time: days of the week, months of the year.
- Three-dimensional shapes, word and combination sums.
- Grouping, tens and ones and more
Maths
Workbook 4
- CAPS compliant.
- Number patterns, operations with three numbers, estimation and counting.
- Data handling, measurement and combination sums.
- Increase and decrease, money, practice the 100 card and more.