Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Gereformeerde

Skool Dirk Postma

ICO Skole

Leuse

Wees sterk en vol moed


Visie

Die Gereformeerde Skool Dirk Postma (GSDP) se grondslag is die Heilige Skrif, soos bely in die Drie Formuliere van Eenheid.

Vanuit hierdie grondslag glo GSDP dat Christus se lig in en uit alle vakke en alle aktiwiteite van die skool skyn.

GSDP het ’n doelgerigte leerkultuur, kleiner klasgroottes, en onderwysers wat hul taak as roeping sien en uitleef.


Missie

By GSDP leer ons die leerlinge van die grootheid van God en Sy skepping op alle lewensterreine. Die wetenskap word vir die kind deur die lig van Christus oopgebreek.

GSDP het ’n verrykte, Christelik-gefundeerde kurrikulum (Die Waterstroomreeks) met meer diepte en ’n breër omvang om leerlinge beter toe te rus vir verdere studies en die volwasse wêreld.

Hier word ’n gesonde opvoedingsmilieu gebied waar leerlinge omgaan met maats, en onderwysers wat dieselfde norme en waardes het.


Geskiedenis

Vir meer as 30 jaar vorm en ontwikkel die Gereformeerde Skool Dirk Postma leerlinge binne ‘n gereformeerde belydenis en Skrifgetrouheid. Sedert 1998 het ‘n hoërskool ook ontstaan.

Saam met die kleuterskool vorm ons laerskool en hoërskool ‘n andersheid in opvoeding wat uitstaan en uniek is. Ons drie skole funksioneer individueel, maar deel tog ‘n gemeenskaplike karakter en gemeenskaplike uitkoms, naamlik goed gebalanseerde, roepingsbewuste, gereformeerde jongmense.

Ons onderwys beweeg binne die raamwerk van kurrikulumvoorskrifte van die Departement van Onderwys, maar word reformatories ontwikkel, aangevul en aangebied.

Aan die einde van die skoolloopbaan skryf elke leerling die eksamen van die Departement van Onderwys en die leerling ontvang ‘n ICO-sertifikaat wat sertifiseer dat die leerling ‘n gereformeerde skoolloopbaan gevolg het. Aangesien Dirk Postma ‘n ouerskool is, speel die ouers nie net ‘n rol by die skool nie, maar is ons ouers die hart van ons skool.

Ons kleinheid in getalle beperk nie ons deelname op sport- en kultuurgebied nie – hier kry almal geleentheid om deel van ‘n sportspan of konsert/revue te wees!

 Ds. Dirk Postma (1818-1890), na wie ons skool vernoem is, se beginsels vir onderwys was: “Positief, Christelijk, Gereformeerd.”

Ons leuse is: "Wees sterk en vol moed". ‘n Leuse wat ons kan uitleef omdat gereformeerde beginsels ons hele onderwys deursuur by die Gereformeerde Skool Dirk Postma.


Finansiële Profiel

Die skool word d.m.v skoolfooie befonds, maar ontvang ook subsidie van die Departement van Onderwys. Die finansies word deur die skoolbestuur beheer en word jaarliks deur ‘n onafhanklike ouditeursfirma nagegaan, soos vereis deur die Departement van Onderwys.


Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop