Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool

ICO Skole

LEUSE

In U Lig.


VISIE en Missie

Ons het besluit om die toekoms van onderwys, in die gemeenskap van Naboomspruit en omgewing, in ons eie hande te neem deur middel van Christelike opvoeding, soos God van ons in die Bybel verwag.


Euphorbia se strewe is om deur middel van ‘n Afrikaans-enkelmedium skool, in die taal en tradisies van die Christen Afrikaner, gedissiplineerde onderrig en opvoeding van uitstaande gehalte beskikbaar te stel.


Hierdeur word betrokkenes van die skool geleentheid gebied tot optimale verwerkliking van vermoëns en talente en wil die skool hul optimaal voorberei en behulpsaam wees met ontwikkeling van vaardighede, in ‘n veilige omgewing wat sekuriteit en geborgenheid bied en waar betrokkenes se fisiese en psigiese ontwikkeling kan plaasvind.


Die liefde vir die “eie” word gekweek sowel as die respek vir ander. Euphorbia het ten doel om betrokkenes tot hul volle potensiaal te help ontwikkel, om sodoende aktief en produktief te kan deelneem aan die uitdagings soos gestel deur die gemeenskap van Suid Afrika.


Kontakbesonderhede: [email protected]

Webtuiste: https://www.euphorbia.co.za/




Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop