Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Gereformeerde

Laerskool Johannes Calvyn

ICO Skole

Motto

Opreg in diens van die Here.


Geskiedenis

Die Gereformeerde Laerskool Johannes Calvyn het in 1964 tot stand gekom toe ‘n aantal ouers ‘n skoolvereniging gestig het. Hierdie ouers het vanuit die doopbelofte dit noodsaaklik geag om ‘n skool onder hulle eie beheer op te rig. In so ‘n ouerskool kan ouers hul kinders laat onderrig in oorstemming met die leer van die Skrif soos wat die kinders ook tuis en by die kerk leer.


Visie

Ons hele lewe moet gerig wees op die eer van God, dit sluit alle apekte van ons lewe, naamlik alle vorme van regering, wetenskap en onderwys in. Gereformeerde ouers en onderwysers wil dus die kind in opdrag van ons hemelse Vader toerus. Die oogmerk van Christelike opvoeding en onderwys is om elke leerder te lei om God te dien volgens sy Woord, om al sy gawes tot God se eer en tot heil van sy naaste aan te wend op alle terreine van die lewe.

Ons skool het sy basis in die Vrye Gereformeerde Kerke waar ouers, leerders en onderwysers elke Sondag saam aanbid. Die driehoekverhouding wat gesinne, kerk en skool saambind, is ‘n seën vir almal van ons. Onderwysers wil in aansluiting wat in die gesin en kerk geleer word ook norme, waardes, kennis, insig en vaardighede vir verbondskinders by die skool aanleer.  Omdat God se Woord gesag het oor alle terreine van die lewe, word elke vak ook vanuit God se Woord aangebied.


Missie

Die skool onderskryf dieselfde grondslag as die Vrye Gereformeerde Kerke: die onfeilbare Woord van God en die Drie Formuliere van Eenheid, naamlik die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls.

Tydens die Hervorming het die Here Johannes Calvyn gebruik om sy Woord te laat seëvier. Die Hervorming het die gelowige kinders terug verwys na die Bybel en die volgende omskryf:

  • Sola Scriptura: die gesag van die Heilige Skrif;
  • Sola Fide: die regverdigmaking deur die geloof;
  • Sola Gratia: die redding uit genade alleen.

Deurdat ons skool se naam “Gereformeerde Laerskool Johannes Calvyn” is, onthou ons nie net hierdie man wat so hard gewerk het in volle vertroue in God se koninkryk nie, maar belangriker nog, ons erken dat ons ook vandag nog volstaan in daardie vertroue wat hy verkondig het, deur die genade van God.


Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop