Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Gereformeerde

Laerskool Bellville

ICO Skole

Leuse

In U Lig sien ons die Lig (Ps. 36:10)


Visie

Onderwys, onderrig en opvoeding met Christelike dissipelskap en burgerskap as resultaat.

Die dissipelskap behels ‘n lewe van biddend diensbaar wees in God se koninkryk, ‘n lewe wat God se liefde weerspieël. Hierdie lewe versinnebeeld waarheid en geregtigheid.


Missie

Deur die genade van God en die werk van die Heilige Gees, is ons as skool bekwaam om ons leerders in hul groei as dissipels van Christus en as burgers van God se koninkryk, te begelei. As skool help ons ons leerders om hul Godgegewe talente as geskenke te ontvang en te ontwikkel – nie net vir hul eie ontwikkeling nie, maar ook as seën tot die liggaam van Christus en die gemeenskap waarin hulle geplaas is.


Geskiedenis

Vir meer as 44 jaar, mag die Gereformeerde Laerskool Bellville (GLB) Christen-ouers help om hul doopbelofte na te kom. Hierdie ouers is hoofsaaklik lede van die Vrye Gereformeerde Kerk in Kaapstad, maar ons mag ook diensbaar wees aan ouers wat belydende lede is van Gereformeerde Kerke (GKSA) in ons omgewing. Elke leerder is as unieke wese geskep en die onderrig en onderwys by GLB probeer hierdie uniekheid bevestig en bevorder. Ons sewe roepingsgedrewe personeelkorps onderrig ‘n kurrikulum wat op die staat se uitkomste gebaseer is, maar deur God se Woord gevorm en geslyp is.

Tans onderrig ons ongeveer 50 leerders van Graad R tot 7.


Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop