Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Christelike Skool Eloffsdal

ICO Skole

Leuse

La Verace Via (Die ware Weg)


Grondslag:

Ons strewe is om Christus se lig te laat skyn in alles wat ons doen.

Die Grondslag van die Christelike Skool –Eloffsdal (CSE) is die Heilige Skrif – Die Bybel soos vertaal in Afrikaans deur SJ Du Toit en andere. Wat verder bely word in die Drie Formuliere van Eenheid te wete; die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls.


Doelstelling:

Ons het dit ten doel gestel om aan gelowige ouers die infrastruktuur en middele te voorsien om hul doopbelofte ten opsigte van die onderwysing van hul kinders volgens die Bybel, na te kom.


Ontstaan

Die Christelike Skool Eloffsdal (CSE) is ‘n privaat Christelike Afrikaans en Engels medium Laerskool wat opgerig is in Mei 2013.

Die CSE het 27 leerders en 4 onderwysers en is by die Gautengse Departement van Onderwys geregistreer vir onderig vanaf Graad 1 tot Graad 12. Die skool is ‘n geregistreerde Maatskappy behoorlik geinkorporeer onder die landswette van Suid Afrika en is geaffilieer met Ons Eie Orrelpypies wat ‘n Kleuterskool is vir Graad RRR tot Graad R.

Ons Eie Orrelpypies, wat ook ‘n dagsorg en na-skool sorg sentrum insluit, is as ‘n nie winsgewende organisasie NWO (NPO) by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling geregistreer.


Finansies

Finansiële hulpbronne sluit in skoolfonds wat deur ouers betaal moet word, fondse wat gegenereer word deur konserte, verkopings, en ander funksies wat op die skool terrein aangebied word.

Die skool het ‘n eksterne boekhouer en word onder die Maatskappye wet deur eksterne ouditeure jaarliks geoudit


Instandhouding

Die skool se grootste uitdaging is om finansieel onafhanklik te bly en gehalte onderrig aan sy kinders te verseker


Kontakbesonderhede:

Hoof: Mnr. Andries Bekker

Adjunk Hoof. Zandra Engelbrecht

Adres: Mance laan 760, Mayville, Pretoria, 0084

Tel: 066 223 0898 & 079 493 6925 & 082 335 4942

e-pos adres: [email protected], [email protected], [email protected]

Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop