Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Centurion 

Christelike Laerskool

ICO Skole

Leuse

“Kennis begin met die dien van die Here”


Visie

Om ‘n uitnemende Afrikaanse skool te wees waar die Bybel as grondslag dien om deur Christus roepingsbewuste kinders te vorm deur persoonlike aandag in klein klasse.


Missie

Om leerders akademies en geestelik te ontwikkel om sy/haar potensiaal te ontsluit.


Fundamentele doel

Om kinders holisties voor te berei vir Graad 8 en hulle lewenspad deur hulle potensiaal te ontwikkel.


Geskiedenis en agtergrond

Die skool bestaan reeds sedert Januarie 2002 en het sedertdien net van krag tot krag gegaan. Die skool bied 'n tuiste vir Graad RR tot Graad 7 aan.  CCL handhaaf baie hoë akademiese standaarde, ons oud leerlinge getuig jaarliks daarvan. Eksamens soos Great4Learning, Commons en Conquesta word jaarliks geskryf om die standaard te bly verbeter. Daar word nie meer as 20 leerders per klas toegelaat nie, dit verseker individuele aandag aan al ons leerders.


Kurrikulum

Die doelwit van die kurrikulum is in lyn met dié van die KABV (CAPS), maar elke leerarea is reformatories georiënteerd en verryk. Vakinhoud word verryk deurdat dit vanuit ‘n Christelike uitgangspunt aangebied word. Bybel is ‘n verpligte vak en in die Intersenfase (Gr. 4 - 7) word daar ook aandag gegee aan ons Geloofdsbelydenisse en Geloofsleer. Bybelgeskiedenis word ook onderrig en weekliks word ‘n Bybelvers aangeleer. Die sing van geestelike liedere is deel van die CCL kultuur en ons kinders leer ‘n liefde hiervoor aan. Sepedi word ook by die skool vanaf Graad RR tot Graad 7 aangebied as kommunikatiewe derdetaal.


Sportvaardighede word vir leerders gebied: atletiek, landloop, sokker, hokkie, netbal, 7’s rugby. Dit is deel van die skoolsisteem.


Kultuur-aktiwiteite sluit in kunstefeeste, skaak, redenaars, koor, orkes. Drama, Witjassies, Phonatics, rekenaars en blokfluit word deur buite-persone by die skool aangebied. CCL is ook ‘n Eco-skool wat hulle blootstel aan sorg van die natuur en die omgewing.


Finansiële profiel

Die skool funksioneer as ‘n Artikel 21-Maatskappy (Organisasie sonder Winsbejag), CCL is ‘n ouerskool wat uit eie fondse bedryf word. Die begroting word jaarliks deur die Direksie aan die lede voorgelê wat die skoolfonds vir die volgende jaar bepaal. CCL kwalifiseer ook jaarliks vir staatsubsidie.  Die maatskappy se state word jaarliks deur onafhanklike ouditeure geoudit en word ook ingedien by die Departement van Onderwys.


Méér as die gewone...

Centurion Christelike Laerskool... soveel méér as die gewone: streef na uitnemende akademiese standaard, gebalanseerde buitemuurse aktiwiteite, gesonde pret, liefde teenoor ons God en ons naaste en die omgewing... noem maar op!

Kom kyk watter skat van onderrig en opvoeding is hier in Centurion!


Vir meer inligting, kontak ons gerus by [email protected] of besoek ons webwerf www.lscenturion.co.za. Ons sien uit om van jou te hoor!



Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop