Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Akademie Reformia

ICO Skole

Akademie Reformia

Soli Deo Gloria! Aan God alleen die eer dat Akademie Reformia op 14 Januarie 1997 sy deure kon open met 32 leerders (Graad 0 tot 7) en 6 leerkragte. Dit was alleen uit genade van die Here en toewyding van onderwysers en ouers van Reformia wat hierdie droom tot verwesenliking gebring het. Die kategese lokale van die Gereformeerde Kerk Pietersburg-Suid is vanaf 1998 tot 2014 hiervoor gebruik. 


Akademie Reformia is deel van die ICO-skolegroep en werk sedert die stigting saam met die ander skole aan die ontwikkeling van ’n gereformeerde (reformatoriese) kurrikulum. Hierdie kurrikulum voldoen aan alle vereistes soos deur die Staat voorgeskryf maar daar word ook baie aandag gegee aan die Christelike inhoude wat gerig is op lewenswaardes by die leerders.


As opvoedkundiges wat getrou aan ons roeping wil bly en die heel beste vir die leerders wil bewerk, glo ons dat die mees effektiewe onderrig en leer in die moedertaal geskied. Omdat ons in ’n hoofsaaklik Afrikaanse gemeenskap funksioneer, is die onderrigmedium Afrikaans.


Sedert 2015 is Akademie Reformia geleë op ’n nuwe terrein in Bendor naby “The Aloes”. Ons het ook ’n volwaardige kleuterafdeling, Kleinbegin. Kleinbegin bestaan uit vier klasse, met hoogstens 20 leerlinge per klas, elkeen met ’n eie juffrou.

As skool met ’n leerdertotaal van ongeveer 55 kleuters en 90 laerskool leerders is Akademie Reformia een van die kleinste skole in die dorp. Ons impak op die gemeenskap is egter alles behalwe klein. Die skool bied jaarliks ’n Bulletjierugby- en Mini-netbaldag aan waartydens 900 leerlinge en 3000 toeskouers ons terrein besoek.


Verder het ons inisiatiewe soos die Koorfees op die been gebring waar die dorp se top kore deelneem. Ons was in 2018 die gasheer vir die Interlaer Atletiek Byeenkoms vir privaatskole in Pietersburg/Polokwane. Akademie Reformia se leerders skakel in by aksies soos Stap vir Bybels, die jaarlikse kranslegging by die konsentrasiekamp, die Bybelleesmaraton, en die Limpopo Eisteddfod. Ons neem jaarliks deel aan die WOW Spelfees waar daar gereeld van ons leerlinge deurdring en presteer tot op nasionale vlak.


Verder tree ons slagorkes en kore ook jaarliks by sangdienste van gemeentes in die dorp op.


2. Leuse

Die leuse van Akademie Reformia is SOLI DEO GLORIA – AAN GOD ALLEEN DIE EER.


3. Visie

Uitnemende reformatoriese onderrig vir ʼn volkome toegeruste lewe tot eer van God.


4. Missie

Akademie Reformia is ‘n ouerskool wat in 1996 gestig is. Hierdie skool is gestig om ouers volgens Skrifbeginsels die geleentheid te bied om hul doopbelofte na te kom. Dit beteken dat ouers die primêre opvoeders van hul kinders is, en bly. Daarom bied ‘n ouerskool soos Akademie Reformia aan ouers die geleentheid om die Christelike gees en karakter van ons skool te bepaal.


Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop