Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Deurlopende aanbieding

Studiekursus vir Laer- en Hoërskool leerders

Wat is die doel van die kursus?

Om leerders te help om effektief te studeer is ’n lewensvaardigheid wat elke skolier reg deur sy skoolloopbaan benodig, maar dit is algemeen bekend dat min leerders oor die vermoë beskik om effektief te studeer. Daar bestaan geen maklike oplossing vir die probleem nie aangesien leerders volgens die “KABV-kurrikulum” meestal nie meer die geleentheid ontvang om effektiewe studiemetodes formeel op skool aan te leer nie.


Vir wie is die kursus?

Vir laerskool sowel as hoërskoolleerders. Meestal deurloop die graad 4’s en die graad 8’s hierdie kursus, maar die res van die graadgroepe kan dit na gelang van behoefte bywoon.

Wat word van die kursusganger verwag?

Leerders woon die kursus soos ‘n gewone skooldag by. Elke leerder ontvang ʼn werkboek waarin al die inligting is, asook genoeg plek om belangrike notas te maak.

Die onderwysers kan hierdie boekie weer in die LO klas gebruik om van die vaardighede in te skerp indien nodig.

Elke kind moet skryfbehoeftes en natuurlik ʼn kospakkie met lekker gesonde kos byderhand hê.


Hoe lank duur die kursus?

Ons begin 7:45 en die kursus duur tot 13:30, m.a.w. die duur van ‘n gewone skooldag.


Waar word die kursus aangebied?

By die skool in ‘n lokaal wat groot genoeg is vir die aantal leerders wat inskryf.

Leerders moet by ‘n tafel en ‘n stoel sit en die lokaal moet oor ‘n witbord of witmuur beskik


Wat is die inhoud van die kursus?

Daar is twee karakters wat leerlinge begelei in die bemeestering van studievaardighede. Leerlinge kan op 'n prettige wyse identifiseer met Sarel (Afrikaans) en Sam (Engels). Die program word in Afrikaans en/of Engels aangebied.


  • Leefstylgewoontes;
  • Inrigting van studieruimte;
  • Doelwitstelling;
  • Studieprosesse;
  • Tydsbestuur;
  • Konsentrasietegnieke;
  • Watter soort leerling is jy?
  • Memoriseringstegnieke;
  • Hoe werk breinkaarte?
  • Hoe leer ek syfervakke?
  • Hoe studeer ek oor die langtermyn?
  • Die maak van opsommings (linieêr en breinkaarte);
  • Slaan eksamenstres vir 'n ses;
  • Praktiese plan om sinvol te begin studeer.


Om die kursus nog meer doeltreffend te maak het ons ook ‘n terugvoersessie vir die ouers. By ICO glo ons die skool en huis moet dieselfde boodskap na die kind stuur. ‘n Toegeruste ouer kan dit net soveel beter doen.


Wat is die koste verbonde aan die kursus?

Ons verstaan dat skole binne bepaalde begrotings werk en daarom poog ons om die kursus so bekostigbaar as moontlik aan te bied. Kostes vir skole beloop tans R150 per leerling vir groepe van 15 of meer. Dit sluit ʼn pragtige volkleur, uniek geïllustreerde werkboek, sowel as die ouerterugvoer in.


Indien privaat studiekursusse versoek word vind dit op Saterdae plaas.

Vir tariewe op privaatkursusse kontak [email protected]


Waar kan ons bespreek?

Stuur gerus ‘n e-pos na [email protected] of skakel 0722360777

Raak deel of vind meer uit

Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop