Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Deurlopende aanbieding

Leierskapskursus

Wat is die doel van die kursus?

Die kursus wil leerders toerus met die nodige leierskapsvaardighede. Dit is belangrik dat alle leerders besef dat die titel ‘leier’ nie veel beteken as jy nie diensbaar gaan wees nie. Die ICO se kursus fokus op die ontwikkeling van die oudste leerders se verantwoordelikheidsin wat ingebed is in diensbaarheid.


Vir wie is die kursus?

Graad 6 leerders wat voorberei vir die senior fase. Die kursus kan aan die einde van graad 6 of aan die begin van graad 7 aangebied word. Graad 7 leerders is die oudstes van die laerskool, maar nie alle graad 7’s is toegerus om dit met wysheid te hanteer nie. Die kursus wil graad 6 leerders oplei en toerus vir die groot taak wat op hulle wag.

Wat word van die kursusganger verwag?

Leerders woon die kursus soos ‘n gewone skooldag by. Elke leerder ontvang ʼn werkboekie waarin al die inligting vervat is. Daar is ook genoeg spasie om belangrike notas te kan maak. Die onderwysers kan hierdie boekie weer in die LO klas gebruik om van die vaardighede in te skerp indien nodig.

Elke leerder moet skryfbehoeftes en natuurlik ʼn kospakkie met lekker gesonde kos saamneem.


Hoe lank duur die kursus?

Tussen 5 en 6 ure (vir die duur van die skooldag)


Waar word die kursus aangebied?

By die skool, in ‘n groterige lokaal


Inhoud van die kursus?

• Begin met ‘n Bybelstudie met die fokus op Skrifbegronde leierskap.

• ‘n Ysbreker volg.

• Spanbou aktiwiteit.

• Behandel Dr Santa Josling se tien intelligensies en so ontdek die leerlinge reeds hulle gawes.

• Leierseienskappe uit Spreuke word deurlopend bestudeer.

• Bespreek ‘n paar belangrike stellings en kyk ook na die uitdagings en vereistes van ‘n leier, soos deur Mnr Hannes Noëth opgestel.

• Die regte maniere om te kommunikeer word geoefen.

• Diensbaarheid word bespreek.

• Missiestelling vir ons eie lewens skryf.

• Tussen elke hoofstuk is daar lekker toepaslike speletjies wat help om leierskapsvaardighede te bou.


Wat is die koste verbonde aan die kursus?

Die kursus vir 2024 beloop R145 per leerder. Dit sluit die kursusmateriaal en die aanbied van die 5 -6 ure kursus in.


Waar kan ons skool bespreek?

Stuur gerus ‘n e-pos na [email protected] of skakel 0824914965

Raak deel of vind meer uit

Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop