Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Deurlopende aanbieding

Boustene vir Normatiewe Onderwys

ICO bied ‘n Christelike Normatiewe Onderwys kursus aan enige persoon van enige ouderdom wat belangstel om Christelike onderrig beter te verstaan. Die kursus kan as ‘n eenmalige Vrydag/Saterdag kursus deurloop word.

Die kursus word ook van tyd tot tyd by skole op hulle versoek aangebied.


Wat is die doel van die kursus?

Die kursus is ontwerp om kennis oor dit wat die Here vir ons in sy Woord oor onderwys leer te verbeter. Dit is ‘n lewensveranderende en verrykende kursus.

Inhoud van die kursus:

1. Wat is Christelike wetenskap;

2. Roeping as onderwyser;

3. Christelike pedagogiek;

4. Die Christen onderwyser in die openbare skool;

5. ‘n Christelike kurrikulum;

6. Orde en dissipline;

7. Evaluering volgens ‘n Bybelse perspektief;

8. Christelike vakfilosofieë.


Wat word van die kursusganger verwag?

U bestudeer al die hoofstukke van die handboek en voltooi ’n kort opdrag. Handboek kan aangekoop word by [email protected]


Waarde van die kursus

 ‘n Lewensveranderende uitkyk op onderwys.

 ‘n Sertifikaat uitgereik deur ICO


Kostes:

Die koste van die kursus beloop R 150 indien dit as afstandskursus aangekoop word en R130 indien dit 'n groep is en ICO se personeel dit daar aanbied.

Dit sluit die volgende in:

 Handboek (R150 sluit versendingkostes in)

 Administratiewe kostes


Bank besonderhede:

• Bank: ABSA

• Rekeninghouer: Arso

• Rekeningnommer: 911 337 4543

• Tipe: Spaar

• Tak: 632005

• Verwysing: naam en van (en organisasie, indien enige) EN CNO-KURSUS

 E-pos asseblief ‘n bewys van betaling aan aan [email protected]


Ekstra leeswerk en bronne.

Hoe om ekstra bronne te bekom:

(Die bronne wat onderaan die teks van die handboek verskyn is die bronne wat hoofsaaklik gebruik is om die hoofstuk saam te stel. Dit sal daarom goed wees as u ekstra bronne kan bywerk.)

Gebruik gerus die Christelike biblioteek vir hierdie doeleindes. www.christelikemedia.org


Ten slotte

Die doel van die kursus is dat u moet leer, verstaan en in u daaglikse lewe moet toepas. Geniet elke les en leer soveel u kan daaroor of gaan lees nog verder en oordink die onderwerp.

Raak deel of vind meer uit

Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop