Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Kontak Ons

Het u enige vrae? Lees gerus die gereelde vrae onderaan hierdie bladsy. Moontlik vind u reeds daar 'n antwoord.

Indien nie, vul gerus die onderstaande vorm in. U is ook welkom om voorstelle met ons te deel.

Vereiste veld!
Vereiste veld!
Vereiste veld!
Vereiste veld!

Gereelde vrae

Lees gerus onderstaande vrae en antwoorde vir meer inligting.

1. Wie is die ICO?

Was Arso, nou Instituut vir Christelike Onderwys (ICO). Assosiasie waaraan onafhanklike skole kan behoort. Die grondslag is die Bybel, die Woord van God. Bely God Drie-Enig het seggenskap op alle lewensterreine en Christus is ons enigste Leermeester

Bestaan al 40 jaar. ICO ontwikkel Christelike (reformatoriese) kurrikulum nl. Die Waterstroomreeks. Verder bou die ICO bande met hulle skolegemeenskap, daar word verskeie kursusse ontwikkel en aangebied ter uitbouing van Reformatoriese onderwys en die ICO dien ook as algemene advieskantoor wat die ICO skole op departementele vlak verteenwoordig. ICO het ook ‘n baie noue verbintenis met Aros sowel as die GKSA

2. Wie kan aan die ICO behoort?

Christelike onafhanklike skole, vir wie die grondslag die Bybel, die Woord van God is. Hulle bely dat God Drie-Enig seggenskap het op alle lewensterreine het en Christus ons enigste Leermeester is. Verkieslik is die skole Afrikaanssprekend, alhoewel daar ook twee Engelse lidskole het. Die skole moet geregistreer wees by die Departement van Onderwys of ten minste met die proses besig wees.

3. Wat is die verskil tussen ‘n onafhanklike skool en openbare skool?

‘n Onafhanklike skool is ‘n skool wat by die Departement van Onderwys geregistreer is. Hierdie skole kan gesubsidieerd of ongesubsidieerde skole wees. Onafhanklik beteken nie heeltemal los van die staat nie, daar is sekere reëls en regulasies wat steeds vir onafhanklike skole geld. Sien die dokument Regte en Voorregte van ‘n onafhanklike skool. Openbare skole kan in twee kategorië verdeel word naamlik ‘n staatskool wat volledig deur die staat gedra word en dan ‘n openbare skool waar die ouers ook verantwoordelikheid neem in die vorm van ‘n skoolbeheerliggaam.

4. Wat is ‘n assosiasie

‘n Assosiasie is ‘n liggaam waaraan ‘n groep onafhanklike skole kan behoort. Die grootste assosiasie in SA is ISASA. Ons kry ook die Katolieke-, die Moslem-, Anglikaanse- Montessori-, Waldorf-, en Joodse-skole assosiasie asook ICO, BCVO, ACSI, ABIS, en AEE.

5. Wie is die JLC?

Die JLC is die Joint Liaison Committee. Elke provinsie vorm sy eie komitee en is gereeld oor gemeenskaplike sake in gesprek met die onderskeie Provinsiale Departemente. Hulle verteenwoordig die onafhanklike skole van hul assosiasie by die departement.

6. Wie is die ISSF?

Dit is die Independent School Sector Forum wat gereeld met die JLC’s vergader. Die amptenare van die Independent School's Directorate by die Departement van Onderwys woon hierdie vergaderings by. Dit is die forum waar onafhanklike skole op provinsiale vlak direk met die Departement van Onderwys skakel. Tipiese kwessies wat hier bespreek word is skoolregistrasies, subsidies, SARO (SACE) kwessies, verhoudinge met die provinsiale departemente en verskeie distrikskantore, die regte en voorregte van onafhanklike skole ensovoorts.

7. Wie is NAISA?

NAISA is die National Alliance of Independent Schools in South Africa. Lede van NAISA is nasionale assosiasies van onafhanklike skole. Hulle moet ten minste lidskole in meer as drie provinsie hê. NAISA skakel ook met die Departement van Basiese Onderwys en waar nodig ook met die Minister van Basiese Onderwys. Kwessies wat nie op provinsiale vlak opgelos word nie, word meestal hier bespreek. Lidmaatskapfooie is ook 'n voorwaarde om lid van NAISA te wees. 

8. Wie kan ‘n onafhanklike skool registreer?

Enige burger in SA wat bereid is om te voldoen aan die Nasionale wetgewing vir onafhanklike skole.

9. Wat kos dit om ‘n onafhanklike skool te registreer?

Daar is geen direkte kostes by die Departement van Onderwys nie. Daar is natuurlik baie ander verskuilde kostes bv die aankoop van die terrein, die sonering daarvan, die oprig van die infrastruktuur, die inrig van die klaskamers, die aankoop van allerlei opvoedkundige materiaal ensovoorts. Die grootte van die beplande skool het ook 'n koste implikasie. Om 'n skool volhoubaar te bedryf is nie goedkoop nie, dit is raadsaam om ruim hiervoor voorsiening te maak. 

10. Waar word ‘n onafhanklike skool geregistreer?

By die Departement van Basiese  Onderwys. Elke provinsie het sy eie vereistes, maak dus seker dat die regte inligting per provinsie verskaf word.

11. Hoeveel kinders is in onafhanklike skole in SA?

Volgens syfers in 2019 van South African Market Insights is daar ongeveer 2 000 geregistreerde onafhanklike skole in SA. Ongeveer 400 000 leerlinge woon hierdie skole by. Dit beteken ongeveer 8% van die skole in Suid-Afrika is onafhanklik, hulle huisves ongeveer 3% van alle leerders in die land. Die openbare sektor het ongeveer 23 800 skole met sowat 12.5 miljoen leerlinge.

12. Is die ICO ‘n tuisskoolorganisasie?

Nee glad nie. Ons verskaf wel kurrikulums in die vorm van die Waterstroomreeks wat ook met groot vrug deur die tuisskool gemeenskap gebruik word. Ons registreer egter nie leerders wat tuis onderrig word nie en bied ook nie assesseringshulpmiddels nie. Daarvoor moet hulle aanklop by SACAI (https://www.sacai.org.za/) of Pestalozzi Trust https://pestalozzi.org/en/home/ of SA Homeschoolers https://www.sahomeschoolers.org/

13. Watter verskillende kurrikulums vind ons by onafhanklike skole?

Meeste onafhanklike skole volg die KABV wat uitloop op die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS). Verder vind mens ook Waldorf, Montessori asook die Cambridge kurrikulum. Hierdie kurrikulums is almal deur Umalusi goedgekeur. IEB (Independant Examinations Board) is nie 'n kurrikulum nie, dit is 'n onafhanklike eksamen raad wat by Umalusi geakkrediteer is. 

14. Watter kurrikulum volg die ICO skole?

Meeste ICO-skole volg die KABV/CAPS kurrikulum wat uitloop op die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS).

15. Kan tuisskolers ook die kurrikulum volg?

Hulle kan ook van die kurrikulum inhoud gebruik maak, maar daar is geen gestandaardiseerde assesserings beskikbaar nie. Ouers wat hulle kinders tuis onderrig moet dus self die kinders assesseer. Daar is wel nuttige hulpbronne beskikbaar, sien vraag 12 se antwoord.

16. Wie is IEB?

Die IEB is die Independent Examination Board of Onafhanklike Eksamen Raad en vorm nie deel van die Staat of Provinsiale eksamenrade nie. Hulle funksioneer binne die voorskrifte van nasionale wetgewing asook die nasionale kwaliteits versekerings liggaam naamlik Umalusi. Umalusi het IEB ook geakkrediteer om die Nasionale Senior Sertifikaat te assesseer ooreenkomstig NQF Vlak 1. IEB ontwikkel dus assesseringsinstrumente wat kritiese denke by leerders bevorder.

17. Wat is die verbintenis tussen Aros en ICO?

ICO het vir meer as 30 jaar bekend gestaan as Arso (Aksie Reformatoriese Skool Onderrig) en het heelwat skole van raad en daad voorsien. AROS (Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies) is in 2003 vanuit Arso gestig en het in 2004 begin om die BEd-graad af te lewer. Die groei en ontwikkeling was baie vinnig en duur nog steeds voort. Arso het deel geword van AROS, maar na 'n tyd is besluit om AROS en Arso uit mekaar te haal en staan Arso nou bekend as ICO. Beide AROS en ICO beywer hulle vir die voortbestaan van Gereformeerde Onderwys. Tussen AROS en ICO word Fontein Uitgewery  gesamentlike bedryf.

18. Wie is Boekenhout?

Boekenhout Boekwinkel stel 'n verskeidenheid van boeke beskikbaar. Meer as 2 000 titels van boeke is op die uitgebreide katalogus beskikbaar en sluit Bybelstudiemateriaal, Bybelverklarings, akademiese boeke, skoolboeke,(Waterstroomreeks) storieboeke, ensovoorts in. https://www.aros.ac.za/WebItem/Detail/37

Boekenhout is op die Aros-perseel geleë.

Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop