Die Instituut vir Christelike Onderwys (ICO / ARSO) bely dat God Drie-enig seggenskap het op alle lewensterreine.
ICO se grondslag is die Bybel as die Woord van God.
Visie:
Om Christelike onderwys gebou op die belydenis dat Christus ons enigste Leermeester is, in Suid-Afrika uit te bou.
Missie:
- Benut die unieke geleentheid om 37 jaar se onderwys-ontwikkeling met Christen onderwysers in Suid-Afrika te deel.
- Bou aan ‘n netwerk van Christen onderwysers in SA.
Die Instituut beywer hom vir die:
Ontwikkeling van ‘n reformatoriese kurrikulum
Groei van ICO-skole
Algemene diens en opleiding (Boustene en Studiekursus)
Ontwikkeling van ‘n algemene onderwys dienskantoor
Opsommende CREDO:
C: Christus as ons enigste Leermeester
R: Reformatoriese karakter
E: Bevorder Eenheid onder Christen-onderwysers in Suid-Afrika
D: Dienslewering
O: Opleiding aan Onderwysers
Hoe word die werksaamhede befonds?
- Kollektes van GKSA
- Ramings van meerdere vergaderings van GKSA
- Skenkings
- Ontwikkeling van produkte soos die Waterstroomreeks
- Aanbied van kursusse
Enige donasies sal waardeer word:
Bankbesonderhede: Arso, ABSA, 9113374543