Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Kursusse

Verskeie kursusse word vir leerlinge,

onderwysers sowel as ouers aangebied.

Deurlopende aanbieding

Boustene vir Normatiewe Onderwys

ICO bied ‘n Christelike Normatiewe Onderwys kursus aan vir enige persoon van enige ouderdom wat belangstel om Christelike onderrig beter te verstaan. Die kursus kan as ‘n eenmalige Vrydag/Saterdag kursus deurloop word.

Die kursus word ook van tyd tot tyd by skole op hulle versoek aangebied.

Deurlopende aanbieding

Leierskapskursus



Wat is die doel van die kursus?

Die kursus wil leerders toerus met die nodige leierskapsvaardighede. Dit is belangrik dat alle leerders besef dat die titel ‘leier’ nie veel beteken as jy nie diensbaar gaan wees nie. Die ICO se kursus fokus op die ontwikkeling van die graad 7 leerders se verantwoordelikheidsin wat ingebed is in diensbaarheid.





Deurlopende aanbieding

Studiekursus vir Laer en Hoërskool leerders

Wat is die doel van die kursus?

Om leerders te help om effektief te studeer is ’n lewensvaardigheid wat elke skolier reg deur sy skoolloopbaan benodig, maar dit is algemeen bekend dat min leerders oor die vermoë beskik om effektief te studeer. Daar bestaan geen maklike oplossing vir die probleem nie aangesien leerders volgens die “KABV-kurrikulum” meestal nie meer die geleentheid ontvang om effektiewe studiemetodes formeel op skool aan te leer nie.

Deurlopende aanbieding

Noodhulpkursus



Wat is die doel van die kursus?

Basiese noodhulpvaardighede vir onderwysers en onderwysstudente. Hoërskoolleerders kan dit ook as deel van die Lewensvaardigheid kurrikulum deurloop.










Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop